Ons Beleid

Handgemaak


Al PERIWINKLE se items word met die hand gemaak. Items neem dus 14 werksdae om te maak en dan 3 tot 5 dae vir koerier (afhangende waarheen dit gestuur word.

Ek waarborg dit is die wag werd.

Terugbetaling en omruiling


Ons beleid maak voorsiening vir 14 dae om produkte terug te stuur. Indien 14 dae verloop het sedert jou aankope, kan ons ongelukkig nie vir jou ‘n terugbetaling of omruiling aanbied nie.

Om in aanmerking te kom vir ‘n terugbetaling/ omruiling, moet die item ongebruik, onbeskadig wees en in dieselfde toestand as waarin jy dit ontvang het. Dit moet ook in die oorspronklike verpakking wees.

Versendingskoste sal  u verandwoordelikheid wees.

Ons ruil net items om indien daar gevind is dat dit aan ons kant foutief of beskadig was . Indien u dit wil omruil vir dieselfde item, of vir ‘n ander item stuur vir ons ‘n watsapp boodskap na 0845102575 en  stuur die item na: 168 Sinagoge weg Kameeldrift Oos,  Pretoria, 0035. Ons vervang die item met dit wat in voorraad is, indien die item wat u soek nie in voorraad is nie, gaan u ongelukkig weer 14 werksdae moet wag.

Ons kan ongelukkig nie items omruil indien daar gevind is dat die produk nie reg gebruik of versorg was nie.

Voordat u ‘n item bestel, maak asb seker dat u die regte grootte kies.

Kies eerder ‘n item volgens gewig/mates as ouderdom. Kliek hier vir die mates

Indien ‘n item te klein is ruil ons dit graag om mits die bogenoemde terme na gekom is. MAAR let asb daarop daarop dat u weer 10-14 gaan moet wag omdat items van voor af gemaak moet word. Let wel u sal verantwoordelik wees vir die versendingskoste in hierdie geval.

Koerier koste is nie terugbetaalbaar nie, indien daar ‘n terugbetaling of omruiling gemaak was

Nuusvoer